VANDERBIJLPARK – Die HS Driehoek se dogterskrieketspan glimlag steeds breed nadat hy vroeer vandeesmaand die KHS-kriekettoernooi gewen het.
Die Hoekies het onoorwonne as die kampioenspan uit die stryd getree nadat hy KHS oortuigend met 54 lopies geklop het. Die Vaaldriehoekers het 135/5 in die toegelate 20 beurte aangeteken en HS Klersdorp tot 81/4 beperk om te seevier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
