NewsSport

Vaal Kings kraai koning

Al is Amerikaanse voetbal nog steeds in sy babaskoene verbeter die gehalte van spel jaarliks

VANDERBIJLPARK – Die Vaal Kings is die Suid-Afrikaanse Amerikaanse Voetbalkampioen nadat hulle 24 Augustus op die HS Driehoek se velde die Harlequins met 46-0 in die eindstryd vermorsel het.

Die Vaaldriehoek se ander span, die Knights, het die Commandos in die halfeindronde oortuigend met 36-0 geklop om sy plek in die eindstryd te verseker sonder dat ‘n enkele punt afgestaan is.

In die ander halfeindstryd het Harlequins vir die Knights met 14-12 geklop om tot die eindstryd deur te dring.

Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindroAksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga. nde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.
Aksie tydens die halfeindronde en eindstryd van die SA Amerikaanse Voetbal LIga.

Daar word gewoonlik ‘n genade-reël in die poelwedstryde en halfeindstryde toegepas om die wedstryd vroeg te beëindig sodra ‘n span met meer as 30 punte voorloop. Hierdie genadedood was nie in die eindstryd vir die Quins beskore nie.

Hulle moes maar pakslae soos ‘n man vat. Grid Iron in Suid-Afrika is beslis in sy babaskoene en die sterk ondertoon van ons rugby-DNA is baie sigbaar. Die manne dons mekaar op. Iets wat baie natuurlik vir ons Suid-Afrikaners is.

Hoe vinnig die sport gaan groei? Dit kan mens nie met sekerheid sê nie, maar dat die fisiekheid ons boerseuns soos ‘n handskoen pas, is nie altemit nie. Dit is beslis hier om te bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button