News

Meyerton Knights bied groot jeugtoernooi aan

By die Meyerton Knights kry elke kind ’n kans – op én van die veld af.

Die Meyerton Junior Knights Jeugrugbyklub het in Augustus ’n massiewe jeugtoernooi by Hoërskool Dr. Malan aangebied.

Altesaam 12 klubs het aan die toernooi, wat op Saterdag 16 Augustus plaasgevind het, deelgeneem – met spanne van o6 tot o18 – en meer as 72 wedstryde is oor agt velde gespeel.

Die Meyerton Knights se o.10-spannetjie draf op vir hul wedstryd. Foto: Christiaan Cloete

Onder die klubs wat kragte gemeet het, was NWU, Boksburg, Brakpan, Springs, Kempton Park, Bobbies, Benoni, Suikerbos, Elsburg, Heidelberg en natuurlik die Meyerton Knights self.

Die Junior Knights is veel meer as net ’n rugbyklub. Die organisasie bied ’n veilige ruimte vir kinders wat elders nie altyd ingesluit word nie, en leer hulle nie net rugbyvaardighede nie, maar ook selfrespek, dissipline en spanwerk.

Rasieleiers van Springs Rugbyklub bring die gees tydens die toernooi. Foto: Christiaan Cloete

Hier, by die Knights, is elke kind goed genoeg,” sê klubleiers.

Die klub het onlangs ook sy eie akademie begin waar jong spelers van kleins af die regte tegniek en spelvreugde leer, met ’n sterk fokus op selfvertroue en beseringvoorkoming.

Behalwe rugby was daar ook baie ander vermaak. Hier jaag Chanel Louw van die Seyunique-perdryskool op die rug van Momo oor die Hoërskool Dr. Malan se rugbyveld. Foto: Christiaan Cloete

Vir baie kinders is dit ’n plek waar hulle weer die liefde vir rugby ontdek.

Met die sukses van die toernooi hoop die Knights om nuwe spelers en die gemeenskap se ondersteuning te lok – en te wys dat daar vir elke kind ’n plek op die veld is.

Meyerton Knights se o.9-span takel NWU tydens die toernooi. Foto: Christiaan Cloete

Besoek die Meyerton Knights Rugby Klub se webtuiste by www.meyertonknightsrugby.co.za vir meer inligting.

Jy can ook vir Eric van der Westhuizen skakel by 072 978 8400 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button