News

Paramedikus se lewe verander na ernstige knie-infeksie

Paramedikus Johan Griessel se lewe het handomkeer verander na ʼn ernstige knie-infeksie; nou is hy afhanklik van hulp en sy vrou doen ʼn beroep op die gemeenskap vir ʼn elektriese rolstoel.

MEYERTON – Johan Griessel, ‘n gesoute paramedikus van die Vaal, al vir 35 jaar, het in November 2021 ʼn knievervanging ondergaan. Kort daarna het hy ʼn gevaarlike ‘superbug’ opgedoen wat sy spiere geinfekteer het. Dit het dokters gedwing om al die aangetaste weefsel te verwyder.

In 2022 alleen het Johan 28 weke in die hospitaal deurgebring terwyl medici met antibiotika van Amerika en Frankryk probeer het om die infeksie te beheer.

Die volgende jaar is die Lautenbach-prosedure op hom toegepas, wat uiteindelik die infeksie onder beheer gebring en sy been gered het.

(Die Lautenbach-prosedure is ʼn behandeling vir ernstige been- of gewrigsinfeksies waar dokters klein buise in die aangetaste area plaas om dit voortdurend met antibiotika te spoel en sodoende die infeksie te beheer en die been of gewrig te red).

‘n Plakkaat vir ‘mn fondsinsamelingsgeleentheid wat vir Johan beplan word.

Tog het die uitgebreide behandeling sy tol geëis. Sy patella moes verwyder word, en as gevolg van die trauma en onvoldoende spierherstel kan Johan nie meer sonder hulp loop nie. Die paramedikus kan ook nie meer werk nie en is nou afhanklik van ander vir alledaagse bewegings en take.

Sy vrou, Mia Griessel, doen ʼn beroep op die gemeenskap vir hulp. Hulle hoop om ʼn elektriese rolstoel aan te skaf wat Johan meer selfstandigheid sal gee en hom in staat sal stel om alledaagse take weer te doen.

Mia het gesê sy sal elke bydrae waardeer en die publiek kan direk bydra via die volgende bankbesonderhede:

M. Griessel

Capitec Bank

Rekeningnommer: 1217245012

Takkode: 470010

Sy kan by 082 332 0042 gekontak word vir navrae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button