News

Vaalweekblad-span blink uit by AVBOB FCJ Excellence Awards

Vaalweekblad-span skitter op AVBOB FCJ Excellence Awards en bewys dat gemeenskapsjoernalistiek lewendig en sterk is.

*Die berig het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (29 Augustus – 4 September, 2025) verskyn.

STELLENBOSCH – Die MooiVaal Mediaspan het in Augustusmaand tydens die jaarlikse AVBOB FCJ Excellence Awards uitgeblink en verskeie toekennings ingepalm.

Die prysuitdeling het op 22 Augustus by die Protea Hotel Stellenbosch plaasgevind en het die beste van gemeenskapsjoernalistiek in Suid-Afrika gevier.

Vaalweekblad het die algehele vierde plek behaal in die afdeling vir betaalde Koerant van die Jaar.

Die koerant se agterblad het die tweede plek behaal in die kategorie vir agterblaaie.

Ster South het ‘n 10de plek in die afdeling vir voorblaaie behaal.

Individueel het spanlede indrukwekkend presteer:

*Elsje Vermeulen, MooiVaal groepredakteur en Vaalweekblad se redakteur, het ‘n eerste plek in die afdeling vir sportfotografie, ‘n vierde plek in die afdeling fotografie: algemeen, en ‘n negende plek in die afdeling vir opskrifte behaal.

Elsje Vermeulen (regs), Vaalweekblad se redakteur, het ‘n eerste plek in die afdeling vir sportfotografie behaal. Hier ontvang sy haar toekenning by Esmé Smit (Algemene Bestuurder: Novus Media). Foto: Verskaf
Die foto is tydens die jaarlikse rugby derby tussen HS Sasolburg en HTS Sasolburg geneem. Foto: Elsje Vermeulen
Die foto is met ‘n stadige sluiterspoed geneem om die renjaer se spoed te beklemtoon. Foto: Elsje Vermeulen
Atletiek in baie koue omstandighede het bygedra tot die impak van die foto. Foto: Elsje Vermeulen

*Ettienne van Rensburg het in die afdeling vir sportskryfwerk gewen, ‘n tweede plek in die afdeling vir sportfotografie behaal, sowel as ‘n derde plek in die afdeling vir fotografie: algemeen, en ‘n sesde plek in die afdeling vir fotografie: nuus. Hy het ook ‘n sewende plek in die afdeling skryfwerk: human interest behaal en ‘n sewende plek in die afdeling vir opskrifte.

Ettienne van Rensburg (regs), Vaalweekblad se sportredakteur, het onder meer ‘n eerste plek in die afdeling vir sportskryfwerk ontvang. Hy het vanjaar goed gevaar in verskeie kategorieë. Op die foto ontvang hy die toekenning by Irma Green (Groepsredakteur: Caxton Local Media). Foto: Verskaf
Naelloop-aksie tydens ‘n uitnodigings-byeenkoms op die DP de Villiers-stadion in Sasolburg. Foto: Ettienne van Rensburg
Ettienne van Rensburg se bofbalfoto. Foto: Ettienne van Rensburg
‘n Speler van Natal rond af met ‘n drie digby die pale tydens die Rhinoweek. Foto: Ettienne van Rensburg

*Christiaan Cloete het ’n eerste plek in die afdeling vir fotografie: algemeen behaal, ‘n vierde plek in die afdeling vir fotografie: nuus, sowel as ‘n tiende plek in die afdeling vir digitale verslaggewing.

Christiaan Cloete (regs), Ster North se redakteur, het ‘n eerste plek in die afdeling vir fotografie: algemeen behaal. Op die foto ontvang hy sy toekenning by Esmé Smit (Algemene Bestuurder: Novus Media) Foto:Verskaf
Rook en aksie: Jeanru Nortjé wys sy vaardigheid by die Centurionsmotorfietsklub se 2024 Bonfire & Sherry fees. Hierdie foto vorm deel van Christiaan Cloete se portefeulje wat hom die eerste plek in die kategorie Fotografie: Algemeen by die AVBOB FCJ Excellence Awards besorg het. Foto: Christiaan Cloete
“Hierdie is een van die foto’s waarmee Christiaan Cloete eerste plek behaal het by die AVBOB FCJ Excellence Awards. Dit wys Koos Klopper wat sy seun, Christiaan Klopper, aanmoedig tydens die mans, o/23 padwedren by die Gautengpadwedrenkampioenskap 2024 by Aloe Ridge in die suide van Johannesburg. Foto: Christiaan Cloete
Caiya Norris wend ‘n bomenslike poging aan in die pylvak van 2024 se Vaal-halfmarathon by die Dick Fourie Stadion in Vereeniging. Hierdie is een van die foto’s waarmee Christiaan Cloete ‘n eerste plek behaal het in die afdeling Fotografie: Algemeen by die AVBOB FCJ Excellence Awards. Foto: Christiaan Cloete

*Sifiso Jimta van Ster South het ‘n derde plek in die afdeling vir nuusfotografie behaal.

Sifiso Jimta (regs) het ‘n derde plek in die afdeling vir nuusfotografie behaal. Hier ontvang sy haar toekenning by Esmé Smit (Algemene Bestuurder: Novus Media) Foto: Verskaf

 

Hierdie foto het heelwat kontroversie en debat veroorsaak: Nyaope-gebruikers help mekaar om die dwelm toe te dien. Foto: Sifiso Jimta
Sifiso Jimta se bereidwilligheid om digby gebeure betrokke te wees, het puik foto’s soos die opgelewer wat aan hom die derde plek in die afdeling: Harde Nuus besorg het. Foto: Sifiso Jimta
Inwoners probeer vlamme blus. Hierdie is een van die foto’s wat vir Sifiso Jimta ‘n derde plek in die afdeling Fotografie: Nuus besorg het. Foto: Sifiso Jimta

*Liezl Scheepers, redakteur van Parys Gazette (Vaalweekblad se susterpublikasie) het ‘n tweede plek in die afdeling vir skryfwerk: human interest en ‘n vierde plek in die afdeling vir opskrifte behaal.

Liezl Scheepers (regs), redakteur van Vaalweekblad se susterspublikasie, Parys Gazette, het ‘n tweede plek in die afdeling vir skryfwerk:human interst ontvang. Hier ontvang sy haar toekenning by Irma Green (Groepsredakteur: Caxton Local Media). Foto: Verskaf

Hierdie toekennings beklemtoon die uiteenlopende vaardighede van die Vaalweekblad-span, van nuusverslaggewing en sportberigte tot fotografie en kreatiewe redaksionele werk.

Die span se prestasies wys hul passie en toewyding om stories te vertel wat die gemeenskap raak.

Hierdie jaar se AVBOB FCJ Excellence Awards het ’n rekord van 541 inskrywings ontvang, wat die waarde van gemeenskapsjoernalistiek onderstreep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button