NewsSport

D-dag breek vir VRK aan

In die Gold Cup kry jy net een kans

VEREENIGING – D-dag het vir die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan aangebreek wanneer hy vanmiddag om 16:00 op sy tuisveld teen Pirates in die Gold Cup uitdraf.

VRK het as Valke-kampioen gekwalifiseer om die Valke in die gesogte kompetisie te verteenwoordig. Die Gold Cup is ‘n uitklopkompetisie vanuit die staanspoor verloor jy een wedstryd en jy word uitgeboender. Daar is geen tweede kanse nie. Vereeniging se beginspan lyk baie dieselfde as die span wat die Valke-titel gewen het.

Vir Pirates maak Bryn Dean sy terugkeer van ‘n besering af op agtsteman. Ethan Anderson sal in die laaste vesting diens doen met Keagan Lailvaux op losskakel en die Pirate-kaptein Aidynn Cupido op binnesenter.

Indien VRK die oorhand voorlangs kan bewerkstellig kan sy puik skakelpaar, Thabo Tau en Brandan Hewitt, die verloop van die wedstryd bepaal.

Die kragmetings skop om 16:00 by die Barnyard in Vereeniging af.

VRK se span is:

  1. Felix Thoma
    2. Stefan Jacobs
    3. Rohan Goosen
    4. Tiaan Swanepoel
    5. Christiaan du Plessis
    6. Piet Nel
    7. Lenton Jamani
    8. Martin du Plessis
    9. Thabo Tau
    10. Brandan Hewitt
    11. Wayne Weyers
    12. Hendrik Smit
    13. Attie Jansen van Vuuren
    14. Wian Koekemoer
    15. André Smith

    16. Nico Peyper
    17. Lindokuhle Seteni
    18. Blaine Golden
    19. Makhabane Nyaku
    20. Francois Beukes
    21. Luciano Elias
    22. Musa Tshabalala
    23. Graig Pienaar

Pirates se span (15-1):

Ethan Anderson; David Cary, Likhayiya Gantsho, Aidynn Cupido, Ilunga Mukendi; Keagan Lailvaux, Dylan Meyer; Bryn Dean, Edrich Brand, Nathan Lainis, Dean Featherstone, Kevin du Rand, Brad van Niekerk, Liam Larkin, Dillon Bakos.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button