News

Steenhuisen besoek Vaal

Die DA se Steenhuisen sal Emfuleni en Midvaal besoek.

VEREENIGING – Die Demokratiese Alliansie (DA) se federale leier, John Steenhuisen, besoek Maandag, 29 September 2025, die Emfuleni- en Midvaal-munisipaliteite as deel van sy landwye toer om die DA se Plan om die ekonomie te versnel uit te lig.

Die besoek fokus op die skerp kontras tussen die ANC-beheerde Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, waar infrastruktuur verval en besighede onder kragonderbrekings ly, en die DA-beheerde Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, waar beleggings floreer en werksgeleenthede geskep word.

Steenhuisen sal vergesel word deur DA Gauteng-voorsitter Fred Nel, Midvaal se uitvoerende burgemeester Peter Teixeira, en DA leiers uit Emfuleni, Dennis Ryder en Kingsol Chabalala.

Die dag begin om 10:00 by Freedom Paper and Packaging in Vereeniging – ’n onderneming wat swaar ly onder gereelde kragonderbrekings. Daarna volg ’n besoek aan Ingrain Meyerton Mill in Midvaal om ekonomiese groei en werkskepping te bespreek. Die finale stop is by Heineken se Sedibeng-brouery, tans onder konstruksie in Kliprivier Business Park.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button