NewsSport

VRK sink Pirates se Gold Cup-vlagskip

Dring deur na volgende rondte

VEREENIGING – Die eerste rugbyspan van die Vereeniging Rugbyklub het gistermiddag op sy tuisveld ‘n haas uit die hoed gepluk om Pirates in die doodsnikke van hulle Gold Cup kragmeting met 39-37 te klop.

Die besoekers het rustyd met 29-15 voorgeloop. Na die draaislag het Pirates sy voorsprong met nog ‘n drie gerek wat selfs die getrouste VRK-ondersteuner moes laat begin twyfel het.

Nathan Lainis van Pirates op die aanval. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Maar die tuisspan het weer karakter gewys en teruggeveg om wedstryd te beklink. Die klub se puntemasjien, Brandan Hewitt, was die groot held toe hy die wenskop in die doodsnikke digby die pale oorgeklits het.

Nathan Lainis probeer sy bes om speler van VRK se vordering te stuit. 
Piet Nel van VRK voer ‘n plettervat op een van die Pirate-spelers uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button