NewsSport

Rubriek: Facebook-profete en braaivleis politici

September 2025 sal waarskynlik vir al die verkeerdste redes onthou word

Politiek, godsdiens en finansies. Volgens die wyse man is dit die drie dinge waaroor jy nie om die braaivleisvuur moet praat nie. Gemeet wat deesdae op sosiale media aangaan steur min mense hulle hieraan.

September 2025 sal waarskynlik vir al die verkeerdste redes onthou word. Die sluipmoordaanval op die Amerikner, Charlie Kirk en die sanger/prediker Danie Botha se opspraakwekkende voorspellings dat die wegraping op 23 en 24 September sou plaasvind. Kirk, ‘n konserwatiewe politiese aktivis, se sieninge en uitsprake het liberale mense regoor die wêreld warm onder die kraag gehad.

Soos almal al teen die tyd weet, is hy op 10 September in ‘n sluipmoordaanval in Utah, Amerika, doodgeskiet. Sosiale media het sedertdien ontplof en ‘n groter wig tussen liberale en konserwatiewe mense regoor die wêreld ingedryf. Die probleem is dat halwe waarhede gedeel word en oningeligte mense vrylik hul opinies deel.

Daar word boonop op Vryheid van Spraak aangedring, maar saam met dit kom toerekeningsvatbaarheid. Jy mag sê wat jy wil, maar jou woorde het nagevolge. Baie mense het dit op die harde manier geleer. Danie Botha loop ook erg deur onder kritiek, omdat sy voorspelling van die wegraping paniek gesaai het.

Myns insiens fokus mense te veel op ander se geloofsoortuigings. Maar dis mos Facebook-afguns wat oral sy kop uitsteek. As sy stellings jou bekommerd of paniekerig maak moet jy jouself eerder afvra, hoekom pla dit my? Wêreldpolitiek was sedert die tweede wêreldoorlog nog nie weer in ‘n warboel soos nou nie. Die Palistina/ Israel-konflik is ‘n plofbare onderwerp.

Dis veral vir Suid-Afrikaners van belang aangesien ons reënboognasie se regering Israel in 2023 by die Internasionale Geregshof van Volksmoord in die Gaza-strook aangekla het.

Dit was ‘n bitter pil vir President Donald Trump. President Cyril Ramaphosa kan maar mooi broodjies bak, maar dit vorm deel van Amerika se 30%-invoertariewe op Suid-Afrikaanse produkte. In die Vaaldriehoek gaan tussen ‘n 1 000 en 1 500 Mittal werkers hul werk verloor nadat die langstaalfabriek in Vereeniging binnekort gaan sluit.

Good Year, Murray and Roberts is van die oudste grootste maatskappye wat hul deure gesluit het, en daar is ook sprake van groot afleggings by Ford en Coca-Cola. Plaaslik is daar baie meer dinge om onsself oor te bekommer.

Ja, internasionale gebeure het ‘n invloed op ons, maar dit is nie logies om jouself oor hongersnood en dood in ander lande te bekommer as daar haglike toestande in swart en wit plakkerskampe in Suida-Afrika heers nie. Sedert die Covid-19 pandemie het die waansin in die wêreld toegeneem.

Mense het te veel in afsondering met hul eie gedagtes opgeskeep gesit en nuwe maniere gevind om hulself en ander skade te berokken. Die skielike ontluiking van AI het die mens ook op hol.

Gaan ons vervang word, het ons nog ‘n doel? Al die vrae maak muisneste in mense se koppe. Miskien moet sosiale media vir eendag net afgaan, sodat ons weer ons menswees kan herontdek. Fokus op jouself en hardloop jou eie wedloop. Die pad voor jou is reeds gelyk gemaak. Staan sterk!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button