NewsSport

Harde werk op die hokkieveld word beloon

Risiville kyk terug op 'n spogseisoen

VEREENIGING – Die Laerskool Risiville se eerste seunshokkiespan het vanjaar nie gras onder hulle voete laat groei nie.

Die span het vanuit die staanspoor die versneller platgetrap en alle teenstand voor hulle platgevee.

Die span het die seisoen met ‘n goeie tweede plek by die Trio Hokkietoernooi afgeskop en van krag tot krag gegaan om die gesogte Super 8-toernooi te wen.

Die span het voorts vir Heidelberg Volkskool in die eindstryd van die plaaslike liga geklop om tot die Suid-Gauteng skoletoernooi deur te dring.

Die span het teen Bryansdale in die eindstryd die knie gebuig.

Die Risiviller, Arnè McIntyre, is as die Doelwagter van die Toernooi.

Die Rissies het ook tot die Champ of Champs Toernooi in Potchefstroom deelgedring ʼn toernooi waar net die beste spanne in die land deelneem.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button