VEREENIGING – Tien skuts van die HS Overvaal het tydens die 10de SAJWV Nasionale Junior Kampioenskap in Welkom uitstekend gevaar.
Sowat 186 skuts het aan die kampioenspan deelgeneem. Overvaal se skuts het as deel van die Suikerbosrandspan bestaande uit 51 lede deelgeneem.
Ruan Roets (22ste, 50 m Presisie) en Juan Labuschagne (11de, 50 m Presisie) het beide hul nasionale kleure verwerf.
Lienke Fowlds het 6de geëindig in 25 m Presisie en 5de in PCP en het ook met nasionale kleure weggestap.
Sheldean Botha (7de), Labuschagne 8ste.Victor Lotter (10de) het in die Randslag-afdeling onder die top 10 geëindig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
