News

Gevaar op R59 ná sand op pad

Bestuur versigtig – sand op die R59 het glo reeds tot ongelukke gelei.

OPDATERING: 13:55

*Die ongeluk het glo vroeg vanoggend gebeur. Die toneel is intussen reeds opgeruim.

Blykbaar was dit mielies en nie sand nie.

——————————————————————————————————————————————————-

Motoriste wat in ‘n noordelike rigting op die R59 reis word gewaarsku om versigtig te ry naby die Redan-brug buite Vereeniging.

’n Groot hoeveelheid sand lê glo oor die pad, en twee voertuie het volgens ‘n WhatsApp-boodskap reeds omgeslaan.

Nooddienste is nog oppad, en verdere besonderhede is nog nie bevestig nie.

Motoriste word gewarsku om stadig te ry om verdere ongelukke te voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button