Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi. Foto's: Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK – Die eerste dag van die Sedibeng Premierliga (SPL) wat Saterdag 25 Oktober op die HS Transvalia se plaasgevind het, het spogkrieket opgelewer.
Die gesogte toernooi vir o11 -en o13-krieketspanne het die afgelope 11 jaar diep spore in die Vaaldriehoek getrap.
Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.
In die eerste kragmeting vanjaar se toernooi het die Strikers se o11’s die Boundary Warriors met 8 paaltjies geklop. Die Speler van die Wedstryd was Luan van Vuuren wat 50* (39) lopies van sy wilgerlat laat vloei het.
Wina Botha van die Casa Ravens se o11’s (4/8) het maalvleis van die Jaguars se kolflys gemaak en gesorg dat sy span die met 80 lopies seëvier. Die Jaguars is vir ‘n beskeie 61/10 uitgeboul.
Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.
In die o13-afdeling het Casa Roosters en Jaguars in klipharde stryd gewys dat hulle aanspraakmakers op die titel gaan wees. Roosters het 148/4 in die toegelate 20 beurte ‘n goeie teiken daargestel.
Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.
Die Warrelwind kolfbeurte deur Keagan van Aswegen 52* van slegs 34 aflewerings en Duhan van der Berg 49 (36) het egter korte mette van die teiken gemaak met die Jaguars wat uiteindelik met 8 paaltjies gewen het.
Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.Aksie tydens die eerste dag van die 2025 SPL-toernooi.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za