News

Vereeniging-‘duikweg’ weer onder water

Die berugte duikweg in Generaal Hertzogweg/Rhodeslaan het Woensdagoggend weer in ’n mini-dam verander.

VEREENIGING – Motoriste wat gereeld deur die berugte “duikweg” onder die treinbrug in Generaal Hertzogweg/Rhodeslaan ry, word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

Die gedeelte pad onder die brug is weer onder water, soos al verskeie kere tevore.

Inwoners het Woensdagoggend gemeld dat voertuie sukkel om deur te kom.

Sommige motoriste moes omdraai.

Die duikweg in Vereeniging onder water. Foto: Christiaan Cloete

Die “duikweg” is al vir jare ’n probleemgebied in Vereeniging, veral ná swaar reën wanneer dreinering onvoldoende blyk te wees.

Plaaslike inwoners het weer eens hul frustrasie gedeel en vra dat die owerhede ’n permanente oplossing oorweeg.

Bestuurders word aangeraai om, waar moontlik, alternatiewe roetes te gebruik – onder andere via Voortrekkerstraat – totdat die pad weer veilig en droog verklaar is.

Motoriste wat wel deur die area moet beweeg, word versoek om stadig te ry en nie deur diep water te probeer ry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button