VANDERBIJLPARK – Die Laerskool Emfulenipark se tennis is op ‘n ander vlak. Dit het skool se raketswaaiers weer vanjaar bewys.
Die skool het ses spanne in die onderskeie ligas ingeskryf. Iets wat opsigself ‘n prestasie is om met sulke deelnamgetalle te spog. Uit die 24 wedstryde wat die seisoen gespeel is het doe Emmies 23 gewen.
In die Sedibeng-liga het die skool se o13 A1 en o13 A2 spanne onderskeidelik eerste en tweede geeindig.
Die prestasie is ook in die o.13-afdeling herhaal. In die o11A-afdeling het die Emmies derde geeindig en in die o11-B-afdeling het die Emmies weer die boonste podiumplek beklee.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
