Voormalige skoolpersoneellid in hof oor diefstal van miljoene
Wat vir jare onopgemerk gebly het, speel nou voor die hof af.
*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.
PRETORIA – Aletta Martha ‘Alta’ van Eck, ’n voormalige personeellid van Laerskool Pinedene in Vanderbijlpark, het op 28 Oktober weer in die Hof vir Kommersiële Misdrywe in Pretoria verskyn in verband met aanklagte van diefstal ter waarde van sowat R15m wat glo tussen 2013 en 2020 by die skool gepleeg is.
Die saak is tot 25 November uitgestel, wanneer Van Eck na verwagting ’n pleitverduideliking sal lewer.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het Van Eck haar eerste verskyning op 4 Julie gemaak.
Regshulp SuidAfrika het aanvanklik op rekord verskyn, maar Vaalweekblad verstaan sy het intussen haar eie regsverteenwoordiger aangestel.
