News

Brandweerstasies in Emfuleni verval

’n Oorsigbesoek het gewys hoe diep die verval by Emfuleni se brandweerdienste strek.

VEREENIGING – Die algehele verval van brandweerstasies in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) stel nie net personeel se lewens in gevaar nie, maar ook die lewens van inwoners van die munisipaliteit. ‘

Die DA het onlangs ‘n oorsigbesoek aan brandweerstasies in Vereeniging en Vanderbijlpark afgelê en was geskok oor die toestand van dié stasies.

Personeel het gekla oor geboue met diep krake in die mure en dakke wat uitmekaar val.

Personeel van brandweerstasies in die Vaaldriehoek kla onder meer oor geboue met krake in die mure en dakke wat uitmekaar val.

Sommige dele van die geboue is stukkend, en die infrastruktuur voldoen volgens die DA nie aan die Wet op Padverkeer nie.

Arbeidsomstandighede is ook swak en hou nie tred met die Wet op Arbeidsverhoudinge nie.

Ook die vloot brandweervoertuie is in ’n slegte toestand. Een brandweerwa se watertenk lek water en die enjin vibreer glo wanneer daar vinniger as 60 km/h gery word – ’n direkte risiko vir die personeel.

Diep krake in die mure van ‘n plaaslike brandweerstasie.

Die noodoproepsentrum is ondertoegerus wat die hantering van klagtes belemmer.

Dit stel volgens die DA die veiligheid van inwoners in gevaar.

Die DA sê ELM moet dringend optree, werknemers moet ’n veilige werksomgewing hê, die oproepsentrum moet funksioneel wees, brandweervoertuie moet padwaardig wees, geboue se strukturele integriteit moet getoets word, en daar moet voldoende toiletgeriewe en ’n ingerigte wagkamer wees.

“Ons sal aanhou veg om seker te maak dat openbare dienste werk en dat die welstand van brandweermedewerkers beskerm word,” sê die DA.

Raadslid Ntombi Hlope van die DA tydens ‘n oorsigbesoek aan die brandweerstasie in Vanderbijlpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button