NewsSport

Boksbuffels gereed om mekaar te karnuffel

Valie is vol selfvertroue om SA-titel te verower

JOHANNESBURG – As vuilkyke vuishou was, het Phikelelani “Stingray” Khumalo en Donjuan van Heerden vandag met blou oë rondgeloop.

Phikelelani “Stingray” Khumalo en Donjuan van Heerden met hulle titels om hulle skouers. Foto: James B Gradige

Die twee middelgewigte het mekaar vandeesweek in Johannesburg vir die eerste keer aan die vooraand van hulle geveg van aangesig tot aangesig ontmoet en die spanning was tasbaar.

Met die Suid-Afrikaanse én ABU-middelgewigtitels op die spel het die manne nie soet woordjies in mekaar se ore gefluister nie.

Eerskomende Saterdagaand gaan Emperors Palace se dak gelig word, wanneer die Survivor Bokstoernooi by Emperors Palace plaasvind.

Die boksers weeg more amptelik in. Van Heerden en Khumalo klim om 19:00 deur die toue en die geveg word regstreeks op Supersport uitgesaai.

Volgens van Heerden kon hy die vrees in sy teenstander se oe sien. “Daar is vrees in sy oë. Hy weet wat kom,” het van Heerden aan Vaalweekblad gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button