NewsSport

Martin en Cathy gee Rhino-drome vlerke

Spelers kry geleentheid om hulself oorsee te bewys

VANDERBIJLPARK – Die afgelope 11 jaar het die Rhinoweek homself as een van die beste rugby, hokkie en netbaltoernooie in die land gevestig.

Die ontwikkeling en skep van geleenthede betref het die Rhinoweek geen gelyke nie. Volgens Martin van Wyngaardt, van die Rhinos, word die spanne slegs op meriete gekies. “Vir ons gaan dit daaroor om geleenthede vir alles kinders te skep,” gee hy te kenne.

Martin en sy vrou Cathy het die afgelope ses maande hulself afgesloof om die SA Rhinoweek toer na na Italië en Thailand te reël.

Die Rhinos het al van te vore lande soos Ierland en Skotland om net ʼn paar te noem besoek. “Vir baie van hierdie kinders is dit hulle eerste en miskien laaste keer dat hulle oorsee gaan toer. Baie spelers is deur oorsese spanne kontrakte en geleenthede aangebied om in Europa te speel,” vertel hy.

Sprinbok en junior Springbokspelers soos Elrich Louw en Erich Visser het aan die Rhinoweek deelgeneem en is ʼn bewys dat weke soos hierdie spelers van gehalte kweek en ontwikkel.

Die Rhinos het vandeesmaand tydens verskeie petoorhandiging-seremonies dosyne rugby, hokkie- en netbalspelers by die Rhino-familie verwelkom. Die spanne gaan in Desember in Europa en Thailand hulle slag wys.

Die SA Rhino netbalspan het vandeesweek Thailand toe vertrek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button