Bou saam aan ‘n Kersfees vol geur en glimlagte
Ervaar Kersfeesvreugde in Sasolburg met Minette Steurer se gemmer- en vanielje Kersfeeshuisies.
SASOLBURG – Dis die maand van Kersfees en die geur van varsgebakte gemmerkoekies hang weer in die lug!
Minette Steurer bring hierdie jaar ekstra vonkel en geur aan die feestyd met haar Kersfeeshuisies – gemmer of vanielje – ‘n heerlike kombinasie van kreatiwiteit, familiepret en soet bederf.
Minette meen die bou en versier van jou eie Kersfeeshuisie is die ideale geleentheid om rustig te raak en te onthou wat ergtig saakmaak. “Dis die tyd om te onthou hoekom ons dit actually vier, die geboorte van Jesus, en die vrede en liefde wat daarmee gepaard gaan. Ek hoop my Kersfeeshuisies bring bietjie van daai warmte en lig vir mense.”
By Minette se kombuis in Sasolburg kan kinders (en volwassenes met die hart van ‘n kind) hul eie gemmer/vanieljekoekie-huis kom bou en versier. Die varsgebakte panele, lekkergoed en versiersuiker word voorsien.
Vir die wat verkies om dit in hul eie kombuis te doen, bied Minette ook doen-dit-self stelle om in die gemak van hul eie kombuis aanmekaar sit.
Die aktiwiteit is ideal vir ouma/oupa saam die kleinkinders, vriendinne, en gesinne wat saam wil tyd spandeer en ‘n bietjie kreatiewe Kersgees in hul huise wil bring.
“Dis vir my ‘n vreugde om te sien hoe kinders se oë blink as hulle hul eie klein huisies bou. Kinders is boonop altyd so opgewonde en volg energie, dis aansteeklik,” sê Minette.
Om jou plek te bespreek of jou doen-dit-self pakkie te bestel, kontak Minette Steurer by 071 293 3327.
