LifeLine Vaal steeds beskikbaar vir berading
Te midde van befondsingskrisisse hou LifeLine Vaal sy deure oop om kwesbare vroue en kinders te ondersteun.
DUNCANVILLE – Alhoewel LifeLine Vaal Triangle vroeër vanjaar groot uitdagings moes trotseer, is die beradingsdiens vir slagoffers van gesinsgeweld en misbruik steeds beskikbaar.
In Januarie is die organisasie se geslagsgebaseerde geweld-projek onverwags gekanseleer, wat groot finansiële druk veroorsaak het en gelei het tot die afdanking van 23 personeel en verskeie arbeidsgeskille.
LifeLine het egter alles volgens reëls en regulasies hanteer en funksioneer steeds.
Die uitdagings kom in ’n breër konteks waarin verskeie nieregeringsorganisasies skerp finansiële snyings.
Internasionale studies wys dat onder die Trump administrasie van Amerika skielike beëindiging van befondsing van programme soos USAID en PEPFAR, gelei het tot die sluiting of beperking van gesondheids- en gemeenskapsprojekte in Suid-Afrika en elders.
Hierdie agtergrond illustreer hoe afhanklik plaaslike liefdadigheids- en beradingsorganisasies kan wees van eksterne befondsing.
LifeLine se takke in gemeenskappe rondom Duncanville bly aktief, en beradingsdienste word steeds aangebied vir vroue en kinders wat hulp benodig.
Bestuurder Colleen Rogers sê die organisasie wil hê dat plek bied vir slagoffers van misbruik, en dat mense nie moet huiwer om kontak te maak nie.Vir ondersteuning kan inwoners LifeLine Vaal Triangle skakel by die nommers wat beskikbaar is op hul amptelike kanale.
Die organisasie doen ’n beroep op die gemeenskap om hul dienste te benut en hulle werk te ondersteun.
LifeLine Vaal Triangle se kantoor is by Monumentstraat 1 in Duncanville, Vereeniging.
Die kantoor is oop Maandae tot Donderdae van 08:00 tot 16:00.
Kontak LifeLine op hul noodnommer by 016 428 1640 of stuur ‘n WhatsApp aan 063 924 8344.
Die epos adres vir berading is safetalking@lifelinevaal. co.za
