Sasolburg Geloftefees om die draai
Kom vier Geloftedag saam met die gemeenskap van Sasolburg op 16 Desember.
SASOLBURG – Talle Afrikaners sal volgende week weer Geloftedag op 16 Desember herdenk en die organiseerders van die Geloftediens Sasolburg nooi alle inwoners uit om die oggend saam met hulle te geniet.
Dié dag gedenk die gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 afgelê het voordat 470 voortrekkers deur bykans 10 000 Zoeloes by Bloedrivier aangeval is.
Die Voortrekkerterrein in Brillstraat sal om 08:00 open, waarna ‘n Geloftediens gelei deur Pastoor Charmaine Lötter om 09:00 plaasvind. ‘n Vrywillige kollekte sal opgeneem word.
Inwoners word aangeraai om hul eie kampstoele saam te bring. Oudergewoonte sal koffie en tee gratis na die diens bedien word.
Vir meer inligting, skakel Alida van der Lingen by 082 774 9549.
