News

Meyerton se Bornman-broers op pad na VSA vir titaniese armdruktoernooi

Meyerton Klub gaan op Saterdag 13 Desember weer uit sy nate bars wanneer Meyerton se amrdruk-sensasie Riekerd Bornman vir Aleksandr ‘Schoolboy’ Beziazykov die stryd aansê by East vs West 21 in die VSA.

MEYERTON – Suid-Afrika se armdruk-sensasie Riekerd Bornman is gereed vir een van die grootste uitdagings van sy jong loopbaan: East vs West 21 in Atlantic City in New Jersey op 13 Desember.

Riekerd het op 15 November sy oorheersing in Suid-Afrika bevestig tydens die Zambesi Golden-armdrukkompetisie in Klerksdorp, waar hy Koos Fourie in beide regter- en linkerhandgevegte geklop het.

Duvan en Riekerd Bornman gister op die OR Tambo-lughawe, op pad na die VSA.

Nou is hy gereed om homself op die internasionale verhoog te bewys na drie jaar in Australië, waar hy AWE-kampioen geword het.

By East vs West 21 sal Riekerd sy regterarm teen Aleksandr ‘Schoolboy’ Beziazykov in die superswaargewig-afdeling (115kg+) toets, ’n kragmeting waarvan hy al droom sedert hy Wallace Dilley in sy eerste East vs West-kragmeting geklop het.

Onlangs het hy ook die Oekraïense armdrukker Pavlo Derbedyenyev by East vs West verslaan, wat sy internasionale reputasie verder versterk.

Duvan en Riekerd by die oorheersing in Suid-Afrika bevestig tydens die Zambesi in November.

Sy jonger broer, Duvan, wat tans nog ’n leerder by Hoërskool Dr. Malan is – dieselfde skool waar Riekerd vroeër skoolgegaan het – het in Klerksdorp met sy 7 regterhand gewen en sal nou by East vs West in die voorprogram deelneem om sy vlak teen van die wêreld se beste armdrukkers te toets.

Riekerd is van mening dat Duvan, met sy huidige groei en ontwikkeling, dalk selfs groter en sterker as hyself kan word in die toekoms.

Riekerd, wat op 22-jarige ouderdom 1.91m lank is, skryf sy sukses toe aan goeie gene van hul pa, Duval, ’n groot en sterk man.

Duval Bornman druk arm teen sy seun, Duvan, by hul huis in Rothdene.

Die Bornman-broers se talent en vasberadenheid het van hulle Suid-Afrika se top armdrukfamilie gemaak, en hul vertonings in Klerksdorp het bevestig dat hulle gereed is om teen die wêreld se beste mee te ding.

Aanhangers wag in spanning om te sien hoe hierdie jong armdrukkers by Atlantic City in die VSA hul merk op die internasionale armdrukverhoog probeer maak.

‘n Plakkaat ter bemarking van Riekerd Bornman se opkomende armdruk-kragmeting teen Aleksandr ‘Schoolboy’ Beziazykov in die VSA.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button