News

Patrolleerders van Riversdale-buurtwag help met die geboorte van premature baba

Die patrolleerder het flink opgetree. Die baba is op pad hospitaal toe veilig gebore.

MEYERTON – ’n Patrolleerder van die Riversdale-buurtwag het Sondagaand vinnig opgetree toe ’n vrou onverwags in kraam gegaan het, en ’n baba veilig gebore is.

Die baba, wat slegs vyf maande en twee weke in die baarmoeder was en met geboorte 1.06 kg geweeg het, is op pad hospitaal toe gebore.

Volgens Alex Stevenson, die patrolleerder, was hy op die betrokke aand op bystand vir patrollie.

“Ek was besig was om uit my oprit te ry toe ’n vrou na my aangehardloop gekom het en sê haar dogter het flou geval in die badkamer en moes hospitaal toe.”

 

Die ma het nie geweet sy is swanger nie. Sy het flou geword toe sy besef het dat sy pas geboorte geskenk het.

“Ons kon nie onmiddelik ’n ambulans kry nie, toe waag ons ’n kans en ry haar self na die Vereeniging Kopanong Hospitaal. Op pad hospitaal toe is die kind gebore,” vertel hy.

Stevenson sê hy en sy vrou is dankbaar dat die baba veilig gebore is. “My vrou, Marizanne Stevenson, het mooi gehelp. Sy het ’n noodhulpkursus agter haar naam en weet hoe om in sulke situasies te help,” sê hy.

Hy voeg by dat die ma nie geweet het sy is swanger nie, en dat sy flou geword het toe sy besef sy het geboorte gegee.

Die baba is van Kopanong-hospitaal na Sebokeng-hospitaal vervoer en weeg nou ongeveer 1.2 kg.

Die buurtwag het hulle dank uitgespreek vir die patrolleerder se vinnige en dapper optrede.

As jy belangstel om by die Riversdale-buurtwag aan te sluit kan jy 073 312 5356 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button