News

‘Uitlek van matriekvraestelle ondermyn vertroue in openbare skole’ – VF Plus

Die Vryheidsfront Plus meen die uitlek van vraestelle ondermyn vertroue in die openbare onderwysstelsel

Die onlangse uitlek van matriekvraestelle het ernstige vrae laat ontstaan oor die betroubaarheid van Suid-Afrika se openbare onderwysstelsel.
Die Vryheidsfront Plus sê dit ondermyn beslis vertroue in die openbare onderwysstelsel.

Volgens Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor onderwys, het die bedrog selfs binne die hoofkantoor van die Departement van Basiese Onderwys plaasgevind, nie net by afgeleë eksamensentrums nie. Hy meen die onderwys departement bestuur hul eksamens telkens sonder bedrog of omstredenheid.

“Uiteindelik is die Nasionale Seniorsertifikaat, oftewel matriek, die grondslag waarop jong volwassenes hul loopbane bou. Die integriteit van daardie sertifikaat is van deurslaggewende belang.”

Boshoff waarsku dat verhoogde belangstelling in onafhanklike skole volgende jaar en in die toekoms verwag kan word.

Die VF Plus het vroeër voorgestel dat openbare skole die keuse moet hê om te besluit watter eksamenowerheid hulle wil gebruik, maar as die departement sy alleenreg behou, kan onafhanklike skole toenemend gewild raak.

Vanjaar se matriekeksamen is deur meer as 900 000 leerders afgelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button