News

Wyk 13 hou groot Nuwejaar-makietie

Nóú gaan Wyk 13 braai!

RIVERSDAL – Inwoners van Wyk 13 in Midvaal kan uitsien na ’n feestelike Nuwejaarspartytjie.

Raadslid Gerrit Viljoen nooi die gemeenskap na die park in Chris Kotzestraat vir ’n “bring en braai” om die nuwe jaar te vier.

In ’n video wat aanlyn gedeel is, sê Viljoen: “Ons staan hier in ons parkie… Môreaand (31 Januarie) het ons ’n bring en braai hier in die parkie. Jy is baie welkom. Bring jou vleisie. Ons gaan hom vir jou braai. En daar is pap en sous ook. En baie worsbroodjies wat uitgegee gaan word. As jy nie het nie, dan kom jy in elk geval. Ons gaan vir almal kos gee!”

Die brandstapel in die parkie in Chris Kotzestraat is gereed om aangesteek te word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button