Macs breek stilswye oor Jeffreysbaai-bakleiery
Die virale video wys hoe bikers baklei – wie was regtig betrokke?
JEFFREYSBAAI – Die Macs Motorfietsklub het Vrydag ’n verklaring uitgereik waarin dit duidelik gemaak word dat die Hell’s Angels nie betrokke was by ’n voorval by die Jolly Dolphins-kroeg op 26 Desember 2025 nie.
‘n Video van die bakleiery maak wyd opslae regoor Suid-Afrika.
In die verklaring, onderteken deur Nasionale President Hendrik Brenkman, sê die klub geen Hell’s Angels-lede was teenwoordig of het kennis gehad van dreigemente deur ander klubs nie, wat na bewering die HA-naam misbruik het. Die klub het ook bevestig dat die vrou wat in die opspraakwekkende video’s wangedra het, nie ’n lid of geaffilieerde van Macs MC is nie.
Brenkman het bygevoeg dat die ondersoek steeds aan die gang is en dat ’n volledige reaksie uitgereik sal word sodra al die feite vasgestel is. “Ons, as ’n Klub, keur sulke gedrag nie goed nie,” lui die verklaring.

