Huisbraakverdagtes in Meyerton vasgetrek
Vermeende huisrowers vas nadat polisie verdagte voertuig voorkeer.
MEYERTON – Twee mans is Maandag in Riversdal in hegtenis geneem nadat ’n rooi Renault Triber, wat met verskeie huisbraak- en diefstalinsidente in die gebied verbind word, opgespoor en voorgekeer is.
Volgens die polisie het die insittendes van die voertuig skote op beamptes afgevuur tydens nadat hulle afternagesit is, maar daar is geen beserings gerapporteer nie. Die verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem.

Verskeie eenhede, insluitend die Midvaal Wetstoepassingseenheid, die Sedibeng-honde-eenheid,
Snipr en plaaslike gemeenskapswagte, het aan die operasie deelgeneem.

Die polisie het op die voertuig, twee selfone, ’n paar nommerplate en ’n plat skroewedraaier met ’n oranje handvatsel beslag gelê.
.Die voertuig word met ‘n reeks misdade in Meyerton en Kathlehong gekoppel, en ondersoeke duur voort.
“Ons doen ’n beroep op die publiek om enige inligting wat in hierdie ondersoeke kan help, rapporteer,” sê Meyerton-polisiestasiespreker Constable Nompumelelo Zazini.

