News

Splinternuwe netbalklubhuis vir Hoërskool Dr. Malan

Meer as bakstene en sement – ’n belegging in jong atlete en hul toekoms.

MEYERTON – Die Hoërskool Dr. Malan het Dinsdagaand, 3 Februarie, die amptelike opening van sy splinternuwe netbalklubhuis gevier – ’n mylpaal wat net betyds kom voor die aanvang van die skool se gewilde netbal-aandreeks wat vanaand =afskop.

Die inhuldiging is bygewoon deur die skoolhoof, mnr. Rossie Briers, die voorsitter van die beheerliggaam, mnr. Pieter Walters, asook die netbaldirekteur, Nadia Pienaar, saam met borge, ouers en lede van die gemeenskap.

Die aandreeks duur van 5 tot 25 Februarie.

Die Hoërskool Dr. Malan se splinternuwe klubhuis wat Dinsdagaand ampetlik geopen is. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Pienaar is die klubhuis veel meer as net ’n sportfasiliteit. “Dit is ’n tuiste vir elke speler – ’n plek van veiligheid, huislikheid en ondersteuning waar drome gevorm en geloof gebou word,” het sy tydens haar toespraak gesê.

Die woorde “God is still writing your story”, wat teen die muur pryk, vergestalt volgens haar die gees en doel van die projek.

Nadia Uys-Pienaar, netbaldirekteur by Hoërskool Dr. Malan, spreek gaste toe tydens die opening van die nuwe netbalklubhuis en herinner spelers dat dit “’n tuiste vir elke speler – ’n plek van veiligheid, huislikheid en ondersteuning waar drome gevorm en geloof gebou word” is. Foto: Christiaan Cloete

Teen die mure van die klubhuis is foto’s van twee van Hoërskool Dr. Malan se mees ikoniese oud-leerders, naamlik voormalige Protea-netbalspeler Nadia Uys-Pienaar en wêreldbekende Irene van Dyk.

Albei het op nasionale en internasionale vlak groot hoogtes bereik en dien as inspirasie vir huidige en toekomstige spelers.

Irene van Dyk, wêreldbekende oud-leerder en netbalikoon, pryk teen die mure van Hoërskool Dr. Malan se nuwe netbalklubhuis – ’n blywende bron van inspirasie vir huidige en toekomstige spelers. Foto: Verskaf
Nadia Uys-Pienaar, voormalige Protea-netbalspeler en trotse oud-leerder, pryk teen die mure van Hoërskool Dr. Malan se nuwe netbalklubhuis as inspirasie vir jong atlete wat hul eie drome nastreef. Foto: Verskaf

Mnr. Briers het gesê die klubhuis bied ’n noodsaaklike heenkome vir leerders. “In Meyerton is so ’n plek uniek. Dit gee kinders ’n veilige ruimte ná skool – nie net vir sport nie, maar ook vir groei as mens,” het hy gesê.

Dit is ’n tuiste vir elke speler – ’n plek van veiligheid, huislikheid en ondersteuning waar drome gevorm en geloof gebou word.

Die projek is moontlik gemaak deur die ondersteuning van verskeie plaaslike borge, terwyl verversings tydens die opening deur Elaine Pienaar verskaf is.

Met topgehalte fasiliteite, massadeelname en uitstekende afrigting bevestig Hoërskool Dr. Malan sy posisie as ’n krag in skoolnetbal.

Mnr. Rossie Briers, skoolhoof van Hoërskool Dr. Malan, Morne Taljaard en ander gaste luister aandagtig tydens toesprake by die amptelike opening van die skool se splinternuwe netbalklubhuis in Meyerton. Foto: Christiaan Cloete
Versnaperings tydens die amptelike opening van Hoërskool Dr. Malan se nuwe netbalklubhuis, liefdevol voorberei deur mev. Elaine Pienaar, wag vir gaste om van te geniet. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button