News

Duisende atlete in Drie Riviere, Risiville se strate verwag

Die strate van Drie Riviere en Risiville sal Sondagoggend weerklink van duisende tekkies wat die Vaal Marathon aandurf.

VEREENIGING – Motoriste en inwoners word versoek om geduldig te wees wanneer die 51ste Vaal Marathon op Sondag, 1 Maart 2026, in dele van Drie Riviere en Risiville plaasvind.

Sowat 3300 atlete word verwag vir die jaarlikse wedloop wat by die Dick Fourie Stadion begin en eindig.

Die roete sal deur verskeie woongebiede in die omgewing loop, insluitend Risiville, Drie Riviere, Drie Riviere-Oos en dele van Drie Riviere Proper.

Die wedloop bestaan uit die marathon (42.2km), halfmarathon (21.1km), 10km-padwedloop en 5km-pretloop.

Dit is vanjaar die 30ste jaar wat die wedloop deur Cape Gate geborg word.

Die pad rondom die stadion en aangrensende strate sal vanaf 04:30 tot ongeveer 13:00 gesluit wees vir verkeer.

Die organiseerders het inwoners en padgebruikers versoek om alternatiewe roetes te beplan en verkeersbeamptes se instruksies te volg.

Atlete sal tussen 05:00 en 12:00 op die roetes verwag word, en plaaslike inwoners word bedank vir hul begrip en ondersteuning.

Die Vaal Marathon word sedert 1974 in Vereeniging aangebied en het oor ’n belangrike gemeenskaps- en sportgeleentheid in die streek geword.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button