News

Petrolprys styg vanaf 4 Maart

Die prys van petrol styg op 4 Maart met 20c.

Die prys van petrol sal op 4 Maart met 20c per liter styg, terwyl die prys van diesel met tussen 62–65c sal styg, afhangende van die graad.

Die styging is te wyte aan ‘n hoër internasionale olieprys.

‘n Sterker rand het gehelp om die styging te versag.

93 oktaan petrol sal in die binneland R20.19 per liter en aan die kus R19.40 per liter wees.

500dpm diesel sal R18.53 per liter kos, terwyl 50dpm diesel op R18.60 per liter vasgestel is.

In April kan daar verdere druk op brandstofpryse wees weens moontlike belastingsaanpassings en geopolitieke faktore.

Die prys van paraffien styg met 44c per liter.

Die prys van gas styg met 23c per kilogram tot 26c per kilogram, afhangende van die gebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button