News

Dr. Malan se atletiek-uitblinkers

Dr. Malan se sterre Darius Botha en Mieke Welman het onlangs geskitter as algehele kampioene by die D7-atletiekkampioenskappe.

MEYERTON – Darius Botha en Mieke Welman van Hoërskool Dr. Malan is as onderskeidelik Victor en Victrix Ludorum by die D7-atletiekkampioenskappe aangewys.

Die kampioenskappe is op 27 Februarie by die DP de Villiersstadion in Sasolburg gehou, waar skole uit die distrik teen mekaar meegeding het.

Botha en Welman het deurgaans sterk vertonings in hul onderskeie items gelewer en uiteindelik genoeg punte ingesamel om as die algehele seuns- en meisieskampioene van die byeenkoms aangewys te word.

Die Victor en Victrix Ludorumtitels word tradisioneel toegeken aan die atlete wat oor die loop van die kampioenskappe die meeste punte in hul ouderdomsgroepe insamel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button