Local newsNews

Judo klop in haar are

Ontmoet LS D.F Malherbe se jongste Judo kampioen... Aurora Dunker

VANDERBIJLPARK – Sy het haar eerste goue medalje in die sak. Dit na net ‘n maand van judoklasse.

Hoe dan ook anders? Aurora Dunker (6) se familie is judolegendes in die Vaaldriehoek.

Haar oupa, Matthias Dunker, was op sy dag ‘n kampioen, het sy eie klub gehad en het op ‘n stadium ‘n Junior Springbokspan afgerig.

Sy broer, Thomas, is steeds betrokke by Judo en is tans die President van die African Kurash Union en visepresident van die International Kurash Association.

Sy klub is in Vanderbijlpark en toe Aurora besluit om Judo te doen, het sy net op een ding aangedring… sy wil in Oom Thomas se klub wees.

Vra haar hoekom doen sy judo en die antwoord is dadelik: “Want ek wil myself beskerm.”

Haar goue medalje het sy gekry by ‘n klubkampioenskap in die o21kg kategorie. “Daar was net drie deelnemers,” beduie haar oupa.

“Ja, daar was ‘n dogtertjie sy het silwer gekry en ‘n seuntjie. Hy het ‘n brons medalje gekry,” vertel Aurora verder.

Sy is ‘n trotse graad R-leerling aan die Laerskool D.F. Malherbe en is oortuig dat dit die beste skool is. Naas judo speel sy ook gholf.

Beide haar ouers speel gholf, die dat die gogga haar ook gebyt het.

Een ding weet sy verseker, sy gaan aan met judo, want dis vir haar lekker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button