Local newsNews

Wat is aan’t broei by die ERT?

Kunstenaars van regoor die land beskou die Etienne Rousseau Teater as een van die bestes en mooistes. Dit verg harde werk om die teater op standaard te hou.

SASOLBURG – Die Etienne Rousseau Teater (ERT) is een van die Vaaldriehoek se juwele. Dit vat egter harde werk om die teater in tip top kondisie te hou.

Saterdag is daar hard in die teater se tuin gewerk. Foto: Imile de Bruin/ERT Sasolburg

Tans woel en werskaf werkers en vrywilligers om die teater van binne en buite reg te kry vir die teaterseisoen wat eersdaags afskop.

Die nuwe besproeiingstelsel gaan help om die tuin in ‘n lushof te omskep. Foto: Imile de Bruin/ERT Sasolburg

Saterdag is die tuin rondom die teater aangedurf. Beddings is skoongemaak en plek-plek geskep en nuwe plantjies geplant. Die besproeiingstelsel en buiteligte is ook opgeknap.

Imile de Bruin van die ERT sê: “Ons is ongelooflik dankbaar vir die vordering wat ons by ERT gemaak het die afgelope tyd. “

Suid-Afrika se klavier maestro, Charl du Plessis tree 19 April op by die ERT. Foto: ERT Sasolburg Facebook

Hierdie verbeteringe help ons om ’n nog beter ervaring vir ons gehore, kunstenaars en “gemeenskap te skep. ’n Spesiale dankie aan al ons borge en helpers wat dit moontlik maak.”

April gaan ʼn opwindende maand wees vir die teater. 11 April is daar ʼn vertoning van sanger Ruhan du Toit en 19 April kom Charl du Plessis weer almal bekoor met sy meesterlike klavierspel.

Ruhan du Toit, die man wat The Sound of Silence sing dat hoendervleis uitslaan is 11 April by die ERT. Foto: ERT Sasolburg/Facebook


Sluit ook gerus by die ERT se nuwe WhatsApp kanaal aan vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button