Drie sussies skitter as Mej. Skole finaliste
26 Maart is die kroningsplegtigheid vir die Junior Mnr. en Mej. Skole kompetisie aangebied deur Chantenique Moddelling School. Lees meer...
VANDERBIJLPARK – Die groot dag is more. Dan word die Junior Mnr. en Mej. Skole aangewys.
In die Gouvea-huishouding heers daar groot opgewondenheid. Die drie sussies, Zanelle, Miané en Amoré is finaliste in die kompetisie.

Nie net is hulle die enigste drie wat Laerskool D.F Malherbe gaan verteenwoordig nie, hulle is ook die enigste finaliste van Vanderbijlpark in die junior afdeling.
Zanelle is tans in Graad 7 en doen al modelwerk vandat sy in Graad 3 was. Miané is in Graad 6 en sy het in Graad 2 by die modelskool aangesluit.

Amoré is in Graad 1, maar volgens haar sussies het sy die afgelope vier jaar die meeste krone en sashes opgeraap.
Hulle hoop om tydens die Mej. Skole kompetisie met ʼn paar pryse weg te stap. Nie net vir hulself nie, maar ook vir hul pa wat 26 Maart verjaar.

Die kroningsplegtigheid vind in Vaalpark plaas. Daar is lank geoefen aan die eerste item, ʼn Cowboy-dans wat deur al die finaliste uitgevoer gaan word.
Daarna sal elke finalis in hul skoolklere paradeer, en vir die laaste rondte in aandrokke.
Intussen kan daar nog op Facebook gestem word vir Mej. Public Choice. Klik net op die skakels onder die foto’s.
