
VANDERBIJLPARK – Die Rotaryklub van Vanderbijlpark bied eerskomende Saterdag, 28 Maart, ’n Paasfeesmark op die dakparkering van die Vaal Mall Inkopiesentrum aan.
Die mark vind van 09:00 tot 15:00 plaas en beloof om ʼn heerlike dag propvol kos-, klere-, juweliers-, kuns -en kunsvlytstalletjies te wees.
Die gemeenskap word uitgenooi om die feesmark te kom ervaar en die plaaslike sakelui te ondersteun. Die mark word in vennootskap met Motorklub RSA aangebied.
Belangstellendes wat ’n stalletjie wil bespreek kan Jackie by 084 326 5228 skakel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
