Local newsNews

Driejarige se vreemde siekte

Fondse word dringend benodig sodat klein Milané dringend skanderings kan ondergaan. Lees meer...

VANDERBIJLPARK – Milané Myburgh (3) se ouers het die eerste keer gesien daar is fout toe sy 18 maande oud was. Die kleinding het geval en gesukkel om op te staan.

Haar ma, Sariska, het haar dokter toe geneem wat nie fout kon vind nie en gereken het dat sy dalk inflammasie kon hê. Medikasie is voorgeskryf en vir ‘n tyd lank het dit goed gegaan.

Agt maande later het Milané weer geval. Die keer het dit gelyk asof haar beentjies net onder haar meegegee het. Weer is sy dokter toe en is sy vir X-strale gestuur. Weer kon daar nie fout gevind word nie.

Soos die maande aangaan word Milané se kondisie erger. Sariska sê daar is dae wat Milané se ogies agter toe rol vir ‘n paar sekondes.

Milané is verlede week weer in die hospitaal opgeneem vir ‘n CT-skandering nadat sy geval het. Foto: Sariska Myburgh

Wat ook al sy onder lede het beïnvloed nou haar hele liggaam en daar is dae wat sy nie kan sit of staan nie. Verlede week is sy weer in ‘n staatshospitaal opgeneem nadat sy geval het.

Daar is ‘n CT-skandering gedoen, maar steeds weet die dokters nie wat is fout nie. Al het haar ouers nie ‘n mediese fonds nie, het hulle haar na ‘n privaat dokter geneem, wat haar verwys het om te gaan vir ‘n MRI- en breinskandering.

Die skanderings moet so gou moontlik gedoen word om Milané te kan help, maar die kostes daaraan verbonde is baie hoog. Derhalwe is daar met ‘n BackaBuddy-rekening begin. Sariska sê hulle kort nog R40 000.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button