News

Sedibeng‑raad verlam weens ANC‑faksiegevegte; mosie van wantroue vertraag

ANC faksiegevegte verlam glo steeds die Sedibeng raad.

VEREENIGING – Dinge by die Sedibeng Distriksraad staan steeds stil nadat die Speaker Moipoine Modikeng skielik verwyder is, enkele dae voor ’n mosie van wantroue teen Burgemeester Lerato Maloka.

‘n Raadsvergadering van 27 Maart is nou onbepaald uitgestel en ’n kort nota uitgestuur wat bloot bevestig dat die speaker se pos “vakant” is.

Daarbenewens is daar ook ’n interne politieke stryd wat binne die ANC woed, veral oor wie leiding moet neem en hoe die mosie van wantroue hanteer moet word.

Opposisiepartye beskuldig die ANC daarvan dat demokratiese prosesse geblokkeer word, terwyl die munisipaliteit sê die verandering van leierskap is ’n poging om die bestuur van die munisipaliteit te stabiliseer.

Die VF+ sê Hein van der Lith dat die ANC sy eie leiers opoffer en die raadsproses saboteer, wat die goedkeuring van die begroting vertraag en dienslewering aan die gemeenskap in die gedrang bring.

Die DA beskuldig die Munisipale Bestuurder daarvan dat hy wederegtelik opgetree het deur ’n kennisgewing aan die IEC te stuur waarin gesê word dat Moipoine Modikeng se posisie as Speaker vakant is en ’n vervanger van die ANC‑lys aangestel moet word.

Volgens die DA is dit sonder raadgoedkeuring gedoen.

Opposisiepartye dring daarop aan dat die raad dringend vergader sodat demokratiese prosesse hervat kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button