Local newsNews

Dapper stapper met prostetiese been

Die lewe het Rassie Erasmus al op 'n paar kronkelpaaie geneem, maar hy laat hom nie daardeur onderkry nie en stap dapper voort.

VAALPARK – Hy en sy wederhelfte, Zelda, is MS Hoop ondersteuners. Hulle gaan stap gereeld saam met die MS Warriors, tot 5km op ‘n slag. Dis nie heeltemal so maklik vir Rassie Erasmus nie.

Rassie se been is in 2017 geamputeer, maar hy hou by met sy prostetiese been. Hy was vir 40 jaar ‘n vragmotorbestuurder wat Suid-Afrika, Namibië en Botswana deurkruis het agter die stuur van die ou grotes.

“Ek is in 1986 gediagnoseer met diabetes. Ongelukkig het ek langer en langer ure agter die stuurwiel deurgebring en dit het my bloedsirkulasie aangetas,” vertel hy.

Teen 2017 was daar geen ander keuse meer nie, sy been moes geamputeer word. Twee jaar later het hy sy eerste kunsbeen gekry en dadelik besluit om weer te begin werk.

“Ek onthou almal het gesê ek sal eers weer moet leer loop. Ek het net gevoel ek kan mos loop. Hoekom moet ek weer leer?” Rassie het almal verstom en weer vragmotors begin ry.

Ongelukkig het hy in 2023 ‘n beroerte gehad en is hy medies ongeskik verklaar. Sy vrou is in 2015 oorlede, maar hy het nuwe liefde gevind toe hy vir Zelda ontmoet het. Hulle is al vyf jaar saam.

Sy is groot vriende met Rozaan Steyn van MS Hoop. Toe ek destyds sien hoe pak die MS Warriors pretstappe van 5km aan, het ek ook begin saamstap,” vertel Rassie.

Hy wil graag ‘n Ysbeer saam met Rozaan-hulle gaan doen. Vir die wat nie weet nie, die Ysbeer vind in die winter plaas, wanneer mense onder meer in die Aldam gaan swem vir liefdadigheid.

Rassie moet elke twee jaar ‘n nuwe prostetiese been kry, aangesien sy been se stompie voortdurend krimp. Die koste hieraan verbonde beloop by die R52 000. Die spesiale kouse wat oor die stompie kom, beloop R8 000.

Hy moet juis weer hierdie jaar ‘n ander been kry. Indien mense wil help om vir die been te betaal, kontak hom gerus by 067 982 4376.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button