Local newsNews

VF+: ‘Dorpsubstasie moet oorgebou word’

Vanderbijlpark se Dorpsubstasie is in 'n haglike toestand en die areas wat dit bedien is gereeld sonder krag. Raadslik Gerda Senekal is van mening dat die substasie oorgebou moet word.

VANDERBIJLPARK: Die tyd het aangebreek dat die Dorpsubstasie in sy geheel oorgebou word.

Hierdie substasie word die afgelope agt jaar geteister deur ernstige probleme.

Daar was reeds drie groot ontploffings, met die mees onlangse een in Februarie 2026. Talle brande het ook in hierdie tydperk uitgebreek en die dak moes minstens twee keer vervang word.

Sedert 23 Februarie 2026 is talle buurte, waaronder Stephanopark, CW1, CW2, CW3, CW5, Tolstoy asook gebiede wat deur die Becqueral-substasie bedien word, sonder elektrisiteit ná nog ’n ontploffing by die Dorpsubstasie.

Telkens word die substasie net tydelik gelap terwyl dit duidelik is dat ’n volledige herbou nodig is om verdere skade te voorkom en betroubare kragvoorsiening te verseker.

Die Dorpsubstasie is nie meer net verouderd nie, maar struktureel gekompromitteer en is sedert 2018 nooit behoorlik onderhou nie.

Noodingrypings is nie meer voldoende om die kragtoevoer te stabiliseer nie.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen totdat die Dorpsubstasie volledig oorgebou word om betroubare kragvoorsiening aan inwoners te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button