News

Bekende hartchirurg van Vereeniging sterf

Vereeniging verloor een van sy mees gerespekteerde hartchirurge.

VEREENIGING – Dr Francois Stemmet, ’n gerespekteerde kardiotorakschirurg wat in Vereeniging gepraktiseer het, is oorlede.

Dr Stemmet was vir meer as 13 jaar deel van die span by Midvaal Privaat Hospitaal in Drie Riviere en is wyd beskou as een van die hospitaal se mees toegewyde en bekwame spesialiste.

In ’n boodskap wat aan personeel gestuur is, het Midvaal Privaat Hospitaal hom beskryf as “een van die hospitaal se mees geliefde en bewonderde spesialiste”.

“Dr. Francois Stemmet was vir die afgelope 13+ jaar deel van die Midvaal-familie. Die verlies en hartseer is sigbaar regdeur die hospitaal terwyl personeel en kollegas sukkel om die baie hartseer nuus te verwerk. Dr. Stemmet sal altyd onthou word as ’n briljante chirurg en sal vir altyd deel van die hospitaal bly. Lank sal sy nagedagtenis leef,” lui die boodskap.

Kollegas onthou hom as ’n briljante hartchirurg.

Dr Stemmet was ’n pa van drie seuns, waaronder ’n tweeling, en ’n ywerige motorsportliefhebber.

Hy word oorleef deur sy vrou, Heleen Lyell Stemmet, ’n radiograaf, en hul kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button