News

Brandstofpryse styg om middernag

Brandstofpryse styg om middernag skerp.

VEREENIGING – Motoriste is in vir ‘n gevoelige knou wanneer brandstofpryse om middernag op 1 April styg.

Volgens die Departement van Minerale en Petroleum Hulpbronne sal 93- en 95-oktaan petrol met R3.06 per liter styg, terwyl diesel onderskeidelik met R7.37 (0,05%) en R7.51 (0,005%) verhoog.

Paraffien word R15.60 per liter duurder en LPGAS in Gauteng styg met R1.08 per kg.

Die verhogings geld landwyd, met aangepaste pryse vir binnelandse en kusgebiede. In die binneland sal 95-oktaan petrol van R20.30 tot R23.36 per liter styg, terwyl dieselfde brandstof aan die kus van R19.47 tot R22.53 verhoog. Diesel se groothandelprys skiet in albei streke tot bo R25 per liter.

Hoekom styg brandstofpryse?

Die styging volg op ’n wêreldwye knou wat wat die konflik tussen die VSA en Iran die olieprys gegee het, veral die sluiting van die Straat van Hormuz wat die vervoer van olie ontwrig het.

Die rand het verder verswak van R16.00 tot R16.64 teenoor die dollar, wat invoer van olie duurder maak.

Internasionale produkte en hoër skeepskoste het die Basiese Brandstofprys laat styg, terwyl verhoogde heffings op brandstof, koolstof en die Padongelukfonds die prysdruk verder versterk.

’n Tydelike R3 per liter brandstofheffing, wat van 1 April tot 5 Mei geldig is, sal die styging net effens versag.

Wie word geraak?

Motoriste, vervoerders en besighede wat brandstof benodig, sal die styging direk voel.

Hoe het dit gebeur?

Die kombinasie van hoë internasionale oliepryse, ’n verswakte rand, stygende produk- en skeepskoste, en die nuwe heffings het tot rekordbrandstofpryse gelei.

Die rekordstygings gaan huishoudings en besighede swaar tref.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button