NewsSport

Jong armdrukker gereed om uit ouboet se skadu te stap

Die jong armdruk-ster staan op die punt om sy eie naam te maak.

MEYERTON – Met ‘n gewig van 116kg mag die 17-jarige Duvan Bornman as ‘n “Dawid” gesien word teenoor die Goliat van ‘n Duitse opponent, André Nykonenko, wat die skaal op 130kg laat kreun.

Duvan is egter vinnig om met ‘n ondeunde glimlag uit te wys wat met Goliat gebeur het.

Die leerder van Hoërskool Dr. Malan sê hy en sy broer, die formidabele Riekerd Bornman, oefen al drie maande lank intensief vir die East vs West 23-armdruktoernooi wat op 18 April in Wuppertal, Duitsland plaasvind.

Die sessies sluit oefeninge in om krag-, tegniek- en uithouvermoë te verbeter.

Hulle werk ook aan taktiek, fokus, herstel en voeding.

Die broers het selfs teen Mpumalanga se top-armdrukker, Leandro Cordier, geoefen om vir elke moontlike scenario voor te berei.

Met ‘n gewigsverskil van 14kg beskou baie die geveg as ‘n klassieke David vs Goliatkragmeting.

Duvan sê egter skertsend: “Ons weet almal wat met Goliat gebeur het.”

Duvan hoop egter om teen die tyd van die kompetisie tussen 117–120kg te weeg.

Tot nou toe het Duvan dikwels in die skadu van sy ouer broer geleef, maar hierdie geveg bied hom die kans om sy eie naam te vestig. Riekerd glo dat Duvan, wat dieselfde sterk gene van hul pa, Duval, gëerf het, die potensiaal het om hom te oortref.

Duvan, ‘n agtsteman/slot vir Hoërskool Dr. Malan se eerste rugbyspan, het vir eers sy rugby opsy geskuif om ten volle op die armdruk-uitdaging te fokus.

Die matrikulant vertel dat hy nie sukkel om matriekwerk en sport te balanseer nie.

Inteendeel, hy vertel dat sy akademiese gemiddeld selfs verbeter het.

“Armdruk help my fokus en bring balans,” sê hy.

East vs West is een van die wêreld se grootste armdrukplatforms en vind hierdie keer in die middel van ‘n arena plaas, as deel van ‘n fiksheidsekspo.

Daar word verwag dat sowat 150 000 toeskouers die gevegte sal bywoon en die armdrukkragmetings sal wêreldwyd regstreeks gestroom word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button