Local newsNewsSportSportSportSport

Sasol kom Vrydag tot ‘n stilstand

Die jaarlikse Classic Clash is om die draai.

SASOLBURG – Die jaarlikse FNB Classic Clash tussen die HS Sasolburg en HTS Sasolburg vind eerskomende Vrydag op die DP de Villiers-stadion plaas en rugbykoors loop in die dorp.

Die twee aartsvyande gaan weer koppe stamp in ’n kragmeting wat tradisioneel die kwik hoërs as ’n Vrystaatse somersdag laat styg. Hierdie wedstryd is lankal nie net ’n skoolsportbyeenkoms nie – dis ’n gemeenskapsfees, ’n tradisie. Vir baie oud-leerlinge ’n spesiale afspraak op die kalender.

Voor die Old Boys-wedstryd vind die tradisionele Big Brag plaas, waarna die  voormalige rugbysterre van beide skole weer hul toks vasryg om hulle rugby-lojaliteite uit te leef.   

Op die pawiljoene beloof die gees om weer elektries te wees. Dit gaan oor eer, tradisie en die reg om vir ’n volle jaar lank te sê: “Ons is die rugbykoning van Sasolburg.”

Die 014-kragmeting skop om 11:40 plaas en die hoofwedstryd skop om 19:00 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button