Massapatrollie teen misdaad
Sigbare polisiëring, dit wil sê, die voortdurende patrollering van areas dien as afskrikmiddel teen misdaad. Lees meer...
SASOLBURG – AfriForum se Mooirivier-buurtwagte (Bothaville, Sasolburg, Viljoenskroon, Songloed, Potchefstroom en Stilfontein) het op 27 en 28 Maart in samewerking met polisie, gemeenskapspolisiëringsforums, gemeenskapslede en sekuriteitsmaatskappye deelgeneem aan ‘n nasionale massapatrollie.
Die patrollie het omstreeks 16:00 begin en tot 04:00 geduur. Die doel was om sigbaarheid te verhoog.
Altesaam 128 AfriForum-patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 1 551 km in 67 voertuie afgelê. AfriForum se buurtwagte het in hul onderskeie areas deelgeneem.
Danksy die verhoogde sigbaarheid gedurende die massapatrollie is geen insidente in die streek aangemeld nie.
“Ek is baie trots op hierdie Mooirivier-buurtwagte wat altyd bereid is om aan die nasionale patrollie deel te neem. Ek bedank ook elke patrolleerder, wat elke nag bereid is om hulle tyd op te offer om na die veiligheid van hulle onderskeie gemeenskappe om te sien.
“Dit is ook opvallend dat die buurtwagte reeds planne maak om ten spyte van die vreeslike brandstofpryse, steeds effektief na hulle dorpe se veiligheid om te sien,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke by www.afriforumbuurtwag.co.za.
