News

Redan-stortingsterrein: Vordering gemaak, maar baie werk oor

Lugfoto’s van die onwettige stortingsterrein by Redan wys die omvang van die onwettige storting en die uitdagings wat steeds voorlê.

VEREENIGING – ‘n Week nadat die skoonmaakveldtog by die onwettige stortingsterrein by Redan van stapel gestuur is, bly daar nog talle uitdagings.

Lugfoto’s wat op 8 April geneem is, toon dat hoewel daar al vordering gemaak is, daar steeds baie werk oor is.

‘n Voertuig stop by die onwettige stortingsterrein.

Die foto’s illustreer die skaal van die onwettige storting wat al vir jare daar plaasvind.

Rommelherwinnaars hang steeds daar uit en die onwettige plakkershutte staan nog.

Rommelherwinnaars hang steeds daar uit, die onwettige plakkershutte staan nog en mense stort nog steeds hul huishoudelike rommel daar.

Tydens Vaalweekblad se besoek het ons ook gesien hoe mense steeds huishoudelike vullis daar stort—sonder enige teenmaatreëls.

Geen voertuie is op die terrein gesien nie, wat daarop dui dat die skoonmaak moontlik tydelik gestaak is.

Owerhede het voorspel dat die veldtog sowat ‘n week sou duur, maar dit is duidelik dat dit langer gaan neem.

Die plakkershutte staan steeds.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button