News

Skoknuus: NG Dominee slaap in tent op kerk se dak

Nadat hy weddenskap verloor.

VANDERBIJLPARK – Die haan wat op die kerktoring staan, gaan vanaand en môreaand ʼn buurman op die kerk se dak hê.

Die buurman se naam is, Ds. JC Els van die NG Kerk se Suikerbos gemeente in Drie Riviere-Oos, wat sy ooreenkoms met sy gemeente moet nakom. ʼn Belofte maak skuld en hy is ʼn man van sy woord.

Ds. JC het sy gemeente uitgedaag dat indien hul jaarlikse 10de maandprojek se doelwit bereik hy een aand op die kerk se dak sal slaap en as hulle dit met R40 000 oortref hy ʼn bykomende aand op die dak sal deurbring.

Raai wie het vir hom twee aandjies by 1 Dabchick straat bespreek? Hoewel hy vanaand eers omstreeks 19:00 van Catherine Robson se gholfdag sal terugkeer, het die gemeente solank sy akkommodasie in die vorm van ʼn tent op die dak vir hom gereed gekry.

Ds. JC Els se slaapplek vir die volgende twee aande.

Sy dakslapery vorm lekker deel van die kerk se kampnaweek.       

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button