News

Vandag in die geskiedenis: Riverstone Mall maak oop

Meyerton sou nooit weer dieselfde wees nie.

MEYERTON – Die Riverstone Mall het op hierdie dag verlede jaar amptelik geopen.

Midvaal se munisipale bestuurder, Phumudzo Magodi, en die burgemeesterskomiteelid vir ingenieursdienste, Reginald Hubbard het op die oggend van 10 April 2025 die lint om presies 08:56 geknip om die winkelsentrum amptelik te open.

Midvaal se munisipale bestuurder, Phumudzo Magodi, en die burgemeesterskomitelid vir ingenieursdienste, Reginald Hubbard, knip kort na 08:56 die lint om die Riverstone Mall in Meyerton amptelik te open. Foto: Christiaan Cloete

Die moderne winkelsentrum, wat ’n verskeidenheid nasionale en plaaslike winkels, eetplekke en diensverskaffers huisves, is ontwikkel as ’n nuwe kleinhandel-anker vir Meyerton en omliggende gebiede.

Die opening van die winkelsentrum is uitgestel weens swaar reën wat oorstromings by veroorsaak het, enkele weke voor die beplande opening.

In ’n jaar is baie herinneringe hier gemaak. Photo: Christiaan Cloete
Kersvader deel kersgeskenke uit by die Riverstone Mall – beslis ‘n oomblik om te onthou. Foto: Christiaan Cloete
Atlete neem verlede jaar deel aan die Riverstone Mall Race, nog ‘n spesiale oomblik om te onthou. Foto: Christiaan Cloete
Die Riverstone Mall soos dit op 26 April 2024 gelyk het. Die dae voor die Riverstone Mall is vir baie Meyertonners ’n jaar later haas ondenkbaar. Foto: Christiaan Cloete

Die skade is egter vinnig herstel, en voorbereidings is voortgesit vir die amptelike opening.

Klik op die skakel om die opening van die Riverstone Mall weer te herleef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button