Local newsNews
VLU Alpha Tak kuier met voorlesings en musiek
VLU Alpha tak word 65 in Oktober en dit maak elke byeenkoms ekstra spesiaal hierdie jaar.
VANDERBIJLPARK – Wat is lekkerder as ʼn kuieroggend saam met vriendinne? Die VLU dames het die waarheid weer bewys op 7 April by hul maandelikse byeenkoms.
Wilna Prinsloo het uit verskillende boeke vir die VLU-vriendinne voorgelees, alvorens Soleil Scheepers die oggend verder opgevrolik het met haar trekklavier.

Daar is sleutelhouers gemaak onder leiding van Tersia van der Walt en tussendeur is daar heerlik gekuier.
Voorbereidings is reeds aan die gang vir die tak se 65ste verjaarsdag wat op 6 Oktober gevier sal word. As jy ook belangstel om by die tak aan te sluit, skakel Rina de Klerk by 083 307 3066.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
