Padsluiting by Jim Fouché-brug
Motoriste word gewaarsku om alternatiewe roetes te gebruik weens ’n volledige padsluiting by die Jim Fouché-brug.
MEYERTON – Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit waarsku dat die Jim Fouché-brug oor die Kliprivier Donderdag, 16 April, van 08:00 tot 18:00 gesluit sal wees weens dringende herstelwerk.
Volgens die munisipaliteit is die werk van kritieke aard en vereis dit die gebruik van swaar masjinerie, insluitend ’n hyskraan.
’n Volledige padsluiting is noodsaaklik om openbare veiligheid te verseker en om die herstelwerk doeltreffend af te handel.
Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik:
• Pierneef Boulevard – R551 – via Uitvlugweg
• Pierneef Boulevard – R59 – R42 – Brocketstraat – Donaldweg
Die munisipaliteit het om verskoning gevra vir die kort kennisgewing en enige ongerief, en sê inwoners se samewerking en begrip word waardeer.

